Bok Voer reeks

Barnlab bied ‘n verskeidenheid van koste effektiewe, hoë kwaliteit en gebalanseerde aanvullings en voedingsprodukte wat ontwikkel is om beter groei en ontwikkeling by teel- en produksiediere te verseker.

Die Barnlab Kleinvee aanvullingsreeks is gebaseer op die nuutste navorsing en is eerstens gemik om voedingstoftekorte reg te stel om die benutting van bestaande ruvoerbronne te verbeter en tweedens, om aanvullende voedingstowwe te voorsien waar die dier se vereistes vir alle fisiolofiese behoeftes gedurende produksie- en reproduksie fases groter is as wat deur bestaande basis ruvoerbronne/weidings voorsien kan word.

Die Barnlab Kleinveeprodukte wat in intensiewe produksiestelsels gebruik word, het ‘n ideale voedingsbalans vir goeie skeletgroei en spierontwikkeling en is geformuleer om optimale gewigstoename, voerinname, gesondheid en reproduksie te teiken. Die produkte word ontwikkel met die nuutste voermodelleringstegnologie om die laagste voerkoste per kg vleis geproduseer, en dus die hoogste wins, te verseker.

Riviersonderend

Volledige Voerreeks

RBH099 Barnlab Dairy Goat LE (V 27295)
RBH100 Barnlab Dairy Goat HE (V 27296)

Uitvlught

Volledige Voerreeks

RSA301 Barnlab Boerbok Grower (Registrasie Hangende)
RSA340 Barnlab Boerbok ram, ooi en lam (Registrasie Hangende)

Vryburg

Volledige Voerreeks

RSA301 Barnlab Boerbok Grower (Registration Pending)
RSA335 Barnlab Boerbok Ewe Advance Complete (Registration Pending)
RSA340 Barnlab Boerbok ram, ooi en lam (Registration Pending)

Die formule vir bevordering

+27 (012) 664 0484

info@barnlab.co.za

7 Murati Ave Lyttleton Manor Pretoria Suid Afrika