Oor Ons
Hoe doen ons besigheid?
By Barnlab spandeer ons en ons belanghebbendes ‘n groot hoeveelheid tyd aan navorsing om sodoende te verseker dat ons op die voorgrond van produkontwikkeling en innovasie is. Ons verseker verder dat ons ondersteuningsdienste soos logistiek, kwaliteitsbeheer en algemene kliënte diens en ondersteuning van die hoogste standaard is, sodat ons kliënte direk baat vind by die verhoogde “Opbrengs op hulle voerbelegging”.


Om hierdie verhoogde “Opbrengs op die klïent se voerbelegging” te verseker kommunikeer ons gereeld met universiteite en navorsingsinstansies deur betrokke te wees by navorsing, publikasies en konsultasies. Sodoende verseker ons dat ons werknemers en konsultante die hoogste vlak van tegniese, fabrieksproses en praktiese kundigheid het wat ons tot u, ons kliënt, se voordeel kan gebruik.
Kliënte verkry verder waarde deur ons innoverende formuleringsprosesse tesame met ons tegnies gevorderde kwaliteitsbeheer meganismes, wat verseker dat ons kwaliteit produkte lewer. Ons doen NIR ontledings op die perseel om die akkuraatheid van die voerspesifikasies intyds te valideer en te verseker.
Wat differensieer ons van ons mededingers?
Deur ons interne intellektuele eiendom te benut, word unieke tegnologieë ontwikkel wat ons in staat stel om Barnlab se besigheid te differensieer van ander veevoerverskaffers. Een van die tegnologieë is die groot verbetering van hoë-proteïen plant veevoerbronne se “rumen verbyvloeiproteïen” vlakke wat deur unieke prosesse gedoen word. Hierdie waardetoevoeging tot dié grondstowwe in herkouervoere word gebruik om produkte te formuleer wat diere se prestasie koste-effektief verbeter. Dit bevoordeel Barnlab se besigheid deurdat dit spesifiek hoë waarde het gegewe die skaarsheid en hoë koste van alternatiewe bronne, soos vismeel, asook die verbanning van dierlike proteine van sommige lewende hawe spesies.


Barnlab assosieer homself ook met internasionaal gerespekteerde verskaffers wat tegnologiese produkte produseer om waarde toe te voeg tot plaasdiere se effektiwiteit en kostedoeltreffendheid. Barnlab roem daarop dat ons produkte produseer wat waarde toevoeg om sodoende die voerkoste per eenheid produk op plaas-vervaardigde produkte (bv. melk, vleis, wol, eiers,en vele meer) te verminder .
Wat is ons mededingende strategie?
- Hoogs gekwalifiseerde veevoerwetenskaplikes wat baie jare se praktiese ondervinding het
- Oplossingsgedrewe personeel
- Die gebruik van voerformuleringsmodelle om die koste per eenheid van diere voedselprodukte op plase te optimaliseer
- Produkte word spesiaal aangepas vir spesifieke areas en plase
- Gebruik veeplaasmodelle om die effektiwiteit en uitsette op die plase te verbeter
- Produkte waarvan die kwaliteit getoets is

